N3 hoofweg weer geblokkeer

Die N3 hoofweg is weereens geblokkeer by die Van Reenen en Tugela Plaza deur ontevrede vragmotor bestuurders.

Dit is deel van die voortslepende protes deur vragmotor bestuurders sedert 2018 ten spyte van onderhandelings deur die regering en die onderskeie vakverbonde.

Alhoewel vier trokke gekonfiskeer en hul bestuurders gearresteer is, word die ongerief wat motoriste moet verduur, ook n byvoegsel tot die al slegter wordende ekonomie van die Ramaphosa regering.