N 2 gesluit weens proteste

Die N2 is die soveelste keer gesluit weens onluste deur Botrivier inwoners wat brandende bande en rommel op die paaie gegooi het.

Klagtes van gebrek aan Xhosa onderwysers in skole, gebrek aan elektrisiteit voorsiening, behuising wat ontbreek, word as redes aangevoer.

Die brandstigters en oproermakers eis die oprigting van ‘n polisiestasie en ’n poskantoor en wat glo die redes vir die oproer is.

Waarnemers sê die toestroming van meer mense na stedelike gebiede en die daaropvolgende stigting van plakkerskampe lei tot die probleme.