Motor rubriek – Kia Sportage 1,7 CRDi Ignite Plus

Die Kia Sportage was en is een van die gewildste Kia produkte beskikbaar en wanneer daar met eienaars gesels word, word dit bevestig dat die motor nie net betroubaar is nie, maar ook baie gewild.

Die Sportage Ignite is die basis model maar die allooi wielnawe sorg dat die buite aansig van die voertuig aandag trek waar dit beweeg. Aan die voorkant is daar kolligte bygebring en dit tesame met die bekende Kia sierrooster en voorste stamper sorg dat die afwerking van bostaande gehalte is.

Wanneer daar in die voertuig in beweeg word, word daar opgemerk dat daar nie leer bekleedsel gebruik is nie maar wel duursame materiaal. Behalwe dat dit maklik onderhou word, is dit prakties en nie te warm nie. Ongelukkig is die voorste sitplekke nie hoogte verstelbaar nie maar met die stuurwiel wat afstand en hoogte verstelbaar is, kan ‘n gemaklike sit posisie ingeneem word. Tussen die voorste sitplekke is daar ‘n konsole geinstalleer waar daar bêre plek is vir los goede wat somtyds lastig kan wees. Al die instrumente is voor die bestuurder geinstalleer en kan maklik deur die boonste gedeelte van die plastiek stuurwiel gelees word. Op die stuurwiel is daar verskeie skakelaars aangebring waarmee van die toerusting beheer kan word.

Die agterste sitplek se leunings is 60:40 verdeel en deur dit plat te vou kan die bagasie ruimte aansienlik vergroot word. Onder normale omstandighede is die bagasie ruimte 320 liter en ‘n aansienlike hoeveelheid bagasie kan gelaai word. Die vloer van die bagasie ruimte is met ‘n gly-vrye rubber mat bedek wat verseker dat die mat nie beskadig wanneer swaar goedere gelaai word.

Die binne liggie skakel outomaties aan en af wanneer die motor aangeskakel word. Vir die agterste passasiers is daar luguitlate van die lugversorger en kan hulle dieselfde gerief ondervind as die voorste insittendes. Die lugversorger is hand verstelbaar en baie effektief. Alle ander toerusting soos ‘n radio ensovoorts is geinstalleer en sorg dat die voertuig ‘n hoë standaard van gerief voorsien. Veiligheid is nie agterweë gelaat nie en lugsakke en ‘n ABS remstelsel sorg dat die voertuig met veiligheid op die pad gebruik kan word.

In die dorp/stad en op die oop pad is die voertuig in sy element en sorg die 2,0 liter CRDi turbodiesel dat die voertuig werklik tot sy reg kom. Berge wêreld is sy “kos” en daar kan jy dit werklik tot sy reg laat kom. Die kragbron is aan ‘n nuwe 8 spoed outomatiese ratkas gekoppel en die oorskakeling daarvan geskied seepglad.

Hierdie is die ideale voertuig vir die gesin maar moeder kan dit gebruik om die kinders na en van die skool te vervoer. Terwyl vader dit kan gebruik vir die vervoer van goedere aangekoop vir die tuin of vir die direkteur om sy bagasie te laai wanneer hy/sy besighede gaan besoek.

Met bogenoemde in gedagte kan die Kia Sportage gerus geneem word vir ‘n toetsrit wanneer die huidige voertuig vervang moet word.