Mond bakterieë veroorsaak Alzheimer

Sekere mond bakterieë is blykbaar die element wat veroorsaak dat Alzheimer by die mens ontstaan, is een van die jongste bevindinge van navorsers.

Die bevinding is die afgelope week in die wetenskaplike blad, Science Advances, bekendgemaak.

’n Reeks eksperimente wat uitgevoer is op muise en daarna op mense, het die bevinding moontlik gemaak.

Die wetenskaplikes is nou glo besig met navorsing om medikasie te ontwikkel teen die uitwerking van die bakterieë wat die vorm van dementia sal teenwerk wat verband hou met Alzheimer.

Die siektetoestand word in ’n toenemende mate by mense in die ouderdom bokant 60 jaar gediagnoseer, en tans is daar geen geneesmiddel of behandeling wat die toestand kan genees nie en sterf pasiënte gemiddeld agt jaar nadat hulle gediagnoseer is.