Minister sê Brexit kan verval

Die uittrede van die verenigde Koninkryk uit die Europese Unie kan moontlik nie gebeur nie weens die groot verskille onder die Britte oor die aangeleentheid.

Dit is die waarskuwing wat die Britse Minister van Buitelandse Sake,  Jeremy Hunt gerig het na aanleiding van die veelvoude van gedagtes wat nou deur parlementslede geopper word.

Talle parlementariërs glo ’n beter bedeling as wat premier Theresa May se span beding het, moet verkry word, maar die EU bestuur sê geen verdere toegewings sal gemaak word nie.

Ander lede meen ’n tweede referendum moet gehou word om te bepaal of die kiesers steeds glo aan uittrede, maar die premier sê die kiesers het klaar ’n keuse gemaak en ’n tweede referendum sal nie gehou word nie.

Dinsdag sal die Britse parlement stem oor aanvaarding al dan nie van die ooreenkoms wat Premier May met die EU aangegaan het oor uittrede.

Die algemene gevoel is dat die parlement nie die ooreenkoms sal aanvaar nie, maar dit sal eers Woensdag bekend wees wat die finale besluit is.

Foto – Minister Jeremy Hunt