Miljoene euro se dwelms vernietig

Die polisie in Duitsland het die afgelope week meer as 9 metrieke ton dwelm middels in die noorde van die land vernietig.

Die dwelmmiddels is gedurende die afgelope twee jaar deur die polisie gekonfiskeer wat hoofsaaklik met skepe na die land gebring is.

Deskundiges sê alhoewel dit ’n reuse klomp dwelms is, word dit slegs as ’n klein hoeveelheid beskou wat jaarliks na Duitsland gesmokkel word.

Die waarde van die dwelms word op meer as €520 miljoen geraam, en kenners sê dit is ongeveer 5 tot 10% van die dwelmmiddels wat die land onwettig binnekom.