Linkse miljardêr waarsku teen Sjina

Die vêr linkse Amerikaans-Hongaarse miljardêr, George Soros, wat ook as filantroop beskou word, het tot vele se verbasing, tydens sy toespraak by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, gewaarsku teen die Sjinese gevaar.

Alhoewel hy nie Sjina by die naam genoem het nie, en ook nie na die land se president, Xi Jinping nie, was dit tot die gehoor se verbasing, baie duidelik na wie hy verwys

Hy het na die Sjinese president verwys as ’n uiters gevaarlike vyand, veral as ’n teenstander van die demokrasie van die wêreld.

Hy sê die vyand se jongste optrede om maatskappye te “kontroleer met digitale tegnologie” is ’n dodelike gevaar vir die hele wêreld.

Foto – George Soros