Landbou in krisis weens droogte

Die Suid-Afrikaanse landbou verkeer weereens in ’n ernstige krisis wat nie net deur droogtes en plae veroorsaak is nie, maar ook vanweë ’n onvriendelike regering teenoor die landbou bedryf.

In die afgelope week is vasgestel dat die droogte in groot dele galei hê tot veel minder mielie-aanplantings, en blyk dit dat minder as 2 miljoen hektaar aangeplant is, wat beteken dat mielies ingevoer sal word om aan die binnelandse vraag te voorsien.

Talle boere in die westelike deel van die land se saaigebied het geen aanplantings gemaak nie en sê die kans op ’n oes is so gering dat die koste van aanplanting nie verhaal sal word nie.

Op ’n ander front is dit kommerwekkend dat arm boere ook geraak word deur die regime se grondgryp program, en kenners sê dit is onbegryplik hoe arm boere sal kan voortbestaan as hulle grond ook nog van hulle weggeneem gaan word.