Korea hoof onderhandelaar besoek VSA

Noord-Korea se voormalige spioenasiehoof, Kim Yong Chol, en nou die hoof onderhandelaar oor kernwapens, het in Amerika aangejom.

Die gevaarlike kommunis sal die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo ontmoet, en waarskynlik ook die Amerikaanse president.

Kim Yong Chol het Vrydag in Washington aangekom met die klaarblyklike sending om reëlings te tref vir ’n ontmoeting tussen President Donald Trump en die Noord Koreaanse leier, Kim Jong-Un.

Die VSA hoop dat die volgende samesprekings met die kommunistiese leier sal plaasvind en vordering gemaak sal word om Noord-Korea se kernprogram finaal te beëindig, wat ook sal beteken dat die sanksies opgehef kan word.

Later is bekend gemaak dat President Trump en Kim Jong-Un weer mekaar sal ontmoet gedurende die einde van Februarie.

Foto – Kim Yong Chol