Kitskos besigheid verkoop duur aborsie pille

Die polisie se woordvoerder het bekendgemaak dat ’n 38-jarige persoon is tydens ’n geheime operasie deur die narkotiese afdeling van die polisie in hegtenis geneem.

Die polisie se geheime eenheid het inligting ontvang dat ’n middel wat slegs op voorskrif verkry kan word, deur ’n kitskos onderneming verkoop word.

’n Geheime agent is na die sakeonderneming om aborsie tablette te koop  wat as Misoprostol bekend is, teen R1000 per tablet.

Die verdagte is kort daarna in hegtenis geneem in gevolge die Medisyne Wet wat die beheer daarvan bepaal.

Die polisie het ook die verdagte se tas deursoek waarin 258 van die aborsie tablette gevind is.

In dieselfde tas is ander tablette gevind wat ’n straatwaarde van nagenoeg R270,000 wat ook gekonfiskeer is.