Kandidaat slaan voet in die wind

Die Demokratiese senator, Richard Ojeda, van die deelstaat Wes Virginië, het bedank as lid van die Amerikaanse Senaat om te begin met sy veldtog vir die 2020 presidentsverkiesing.

Hy het egter nou handdoek ingegooi om deel te neem aan die wedloop om in die Wit Huis te sit, ’n skrale 11 dae nadat hy bedank het as senator.

Dit blyk asof die senator nie sy huiswerk gedoen het voor hy bedank het as senator nie, want op navraag het hy aan die media gesê hy het gevind dat hy nie president kan word as hy nie oor baie geld beskik nie.

Foto – Richard Ojeda