Iran wil verdediging verder opskerp

’n Woordvoerder van Iran sê die land beplan om die presiesheid van sy missiele aansienlik te verbeter om die land se verdediging op te skerp.

Intussen het Duitsland, asook Frankryk en Brittanje aangedui dat hulle seker betalings aan Iran gaan maak te midde van die VSA se sanksies daarteen.

Iran beweer dat hy geen plan het om die reikafstand van sy missiele te verhoog nie, maar werk daaraan om sy satelliet tegnologie te verbeter en die akkuraatheid van sy missiele te verhoog.

Die Minister van Verdediging in Iran, Amir Hatami, sê sy land se verbetering van die missiele se akkuraatheid is ononderhandelbaar en hulle ignoreer die oproep van Europese en Amerikaanse owerhede se eis om ’n strenger maatreël in te stel teen die missiel tegnologie van Iran.

“Ons vyande sê ons missiel tegnologie moet ingeperk word, maar ons sê daar is geen wyse waarop die eis vir ons aanvaarbaar is nie, en dit is nie onderhandelbaar nie”, het die Minister van Verdediging in Iran gesê.