Internet chaos met miljoene adresse

Nog nooit in die bestaan van die internet was daar soveel drama as wat tans die geval is met miljoene e-pos adresse wat openbaar gemaak is nie.

’n Massiewe aantal data in vrygestel wat sowat 770 miljoen unieke e-pos adresse in die oopte gegooi het.

Daarbenewens is sowat 21 miljoen wagwoorde ook bekend gemaak wat meebring dat baie mense hulle besonderhede blitsvinnig moet wysig.

Veiligheid agente in Australië het die ontdekking gemaak wat klaarblyklik as waghond optree teen sulke kuberkrakers se handelinge.

Die data van verskillende bronne is glo aangeval dur die kuberkraker wat uiteindelik miljoene mense se gegewens openbaar gemaak het.