Inaseming van seelug bestry kanker

Die inaseming van seelug help om kanker te bestry en dra ook by tot die vermindering in cholesterolvlakke.

Die nuwe ontdekking is gemaak deur wetenskaplikes verbonde aan die Universiteit van Gent.

Die navorsing is gedoen deur die Gent Universiteit in samewerking met die Vlaamse Instituut vir die See, wat die bevindinge gepubliseer het in die gesaghebbende vaktydskrif, Scientific Reports.

Volgens die verslag het byna 18,000 mense hulle ervaring en resultate bekendgemaak om die sosiale netwerk, waarin beweer word dat hulle baat gevind het deur gereeld seelug in te asem.

’n Organisasie wat hom beywer vir die bestryding van kanker het na aanliding van die wetenskaplike ontdekking, ’n nuwe slagspreuk ontwikkel wat nou deur Europa gestuur word.

“Kom tot rus aan die kus”.