Hongarye pleit vir blokkeer van immigrante

Die nasionalistiese Eerste Minister, Viktor Orban van Hongarye, het die hoop uitgespreek dat die nasionalistiese alliansie in Europa daarin sal slaag om ’n anti-immigrasie meerderheid in die Europese Parlement sal kry.

Premier Orban wat onder nasionaliste in Europa beskou word as ’n held wat Europa wil beskerm teen onwettige immigrante, is vas van plan om alles moontlik te doen sodat die Europese Parlement ontslae kan raak van die “Merkel-Macron” heerskappy.

Strategie is verlede week bespreek tussen die regerings van Hongarye en Pole, waarna die Italiaanse regering ook met Pole in gesprek getree het.

Premier Orban sê Hongarye se mikpunt is om ’n anti-immigrante meerderheid in die Europese Parlement te kry en daarmee die Europese Unie en die EU Kommissie sowel as die Europese Raad oor te neem.

Foto – Premier Viktor Orban