Homoseksuele parlementslid vlug uit Brasilië

Die Brasiliaanse politikus Jean Wyllys wat ’n selferkende homoseksuele is, sal nie weer terugkeer na Brasilië nadat hy na bewering doodsdreigemente ontvang het.

Die dreigemente hou glo verband met die feit dat hy ’n homoseksuele gedrag openbaar.

Die Parlementariër het uitgewyk na Europa waar hy nou woonagtig is en sê glo sy reputasie is buitendien so beskadig weens ’n beweerde “laster veldtog” wat ten hom gevoer is op die sosiale netwerk.

Hy skryf die “smeer veldtog” toe aan die optrede van die nuut verkose, nasionalistiese president Bolsonaro toe wat per geleentheid beloof het om die korruptes en misdadigers, asook die homoseksuele mense, te bestry.

Die parlementslid het glo gevlug uit vrees dat die president hom sal laat inperk in ’n Brasiliaanse tronk.

Foto – President Jair Bolsonaro