Hewige hittegolf tref Australië

Terwyl Duitsland en Oostenryk ’n sneeustorm beleef wat as die ergste in dekades is, gaan Australië gebuk onder ’n hittegolf van nuwe rekord temperature .

Te midde van die geweldige hitte, blyk dit dat temperature hierdie week nog verder gaan styg wat ’n beduidende invloed het op die Australiese Ope waar tennisspelers meeding om die gesogte pryse.

In streke van die land is die minimum temperatuur op 36 grade Celsius geregistreer wat die warmste is wat nog aangedui is, en die vooruitsig van nog stygings word voorspel.

Personeel by dieretuine ondervind moeite om die diere te versorg en om hulle van genoeg water te voorsien en waar moontlik, nat te spuit vir verligting.