Grootbaas van Renault “bedank”

Die Raad van Direkteure van die Franse motorvervaardiger, Renault, het aangekondig dat die Hoof Uitvoerende Beampte, Carlos Ghosn, “bedank” het.

Carlos Ghosn is klaarblyklik in Japan in hegtenis geneem weens beweerde bedrog, en word in ’n Japanese tronk gehou.

Berigte lui dat die Renault baas onverwags bedank het, en kort daarna deur die polisie van Japan in hegtenis geneem.

Die Raad van Renault het gister vergader om ’n plaasvervanger aan te wys wat die spanning tussen Nissan en Renault kan verlig nadat die Nissan hoof ook uit sy pos moes bedank weens onregmatige optrede.

Ghosn het ook as hoof van Nissan en Mitsubishi gefunksioneer, wat nou talle vrae na vore bring oor die bedrog wat gepleeg is.

Laat gedurende Donderdagmiddag het die Raad aangekondig dat Thierry Bollore as nuwe Uitvoerende Hoof aangestel is, en Jean-Dominique Senard as die vervaardiger se voorsitter.

Foto – Carlos Ghosn