Grieke erken naam “Noord-Masedonië”

Te midde van wydverspreide protes het die Griekse parlement die ooreenkoms met sy noordelike buurstaat goedgekeur waarvolgens die land se naam verander na die Republiek van Noord-Masedonië.

Alhoewel die parlement sy finale seel op die ooreenkoms met Noord-Masedonië gesit het, is daar ’n sterk weerstand onder Griekse kiesers wat sê die naam Masedonië is deel van Griekeland, en kan as ’n ander staat se naam gebruik word nie.

Die Griekse parlement se goedkeuring beëindig waarskynlik die konflik van 30 jaar wat tussen die twee lande heers oor die naam van die noordelike staat.

In Noord-Masedonië heers daar ook ontevredenheid oor die naamsverandering, en eis hulle dat die land steeds as Masedonië moet bly, maar die regering het ook die ooreenkoms met Griekeland goedgekeur.