Evkom op rand van ineenstorting

Volgens die Hoof Uitvoerende Beampte van Evkom is die krag verskaffer vasgevang in ‘n groot skuld las. As gevolg hiervan word die 15% verhoging oor die opeenvolgende drie jaar aangevra en gemotiveer.

Skielik moet alle Suid Afrikaners ‘n rol speel om Evkom se “ligte aan te skakel.  Dus moet diegene wat hul rekenings gereeld betaal nou instaan vir mislukte munisipaliteite en diegene wat nie hul Evkom rekenings betaal nie.

Die eis van ‘n onredelike 15% verhoging in tariewe is niks nuut by Eskom nie want elke keer word net meer gevra om die vrotsige bestuurspraktyke te subsidieer.

Kenners wys daarop dat die huidige praktyke by die kragvoorsiener die rede is waarom hulle nooit uit die skuldlas losgewikkel sal kom nie, en elke jaar net dieper in die gemors sal bly.