Duitsland en Sjina versterk handelsbande

Berlyn en Beijing het ’n ooreenkoms onderteken om samewerking in die bankwese en versekering sektor uit te brei.

Dit volg nadat die VSA swaar invoer tariewe teen goedere van Sjina gehef het, en die Sinese ekonomie ’n aansienlike terugslag gekry het.

Die ooreenkoms wat Vrydag tussen die lande aangegaan is sal waarskynlik ook die normale handel bevorder en kan tot nadeel van die VSA se handel met Duitsland lei.

Minister Olaf Scholz van Duitsland, en die Adjunk-premier van Sjina, Liu Hê, het die ooreenkoms as ’n historiese deurbraak bestempel.