Duitsers verwerp spoedbeperking

Die Federale regering in Duitsland het die voorstel van ’n spoedbeperking op die wêreldberoemde “autobahn” snelweë verwerp.

Die voorstel is ingedien dat die snelweë ’n spoedbeperking het van 130 km per uur, maar dit is met ’n groot meerderheid van stemme in die parlement verwerp.

Die Duitse motoris is iemand wat lief is vir ’n vinnige, en betroubare motor, en die vervaardigers is daarop ingestel om aan hierdie vereistes t voldoen deur uitstekende gehalte voertuie te vervaardig.

Die snelweë het wel by sekere punte soos naby beboude gebiede spoedbeperkings, maar daar is ook reguit stukke van die snelweë waar dit toegelaat word om 200 kilometer per uur voort te snel.