Duisende onwettige immigrante na Duitsland

Die Duitse federale polisie het bekendgemaak dat hulle duisende onwettige immigrante in hegtenis geneem het gedurende 2018 wat met busse en treine die land ingekom het.

Die grootste deel van sowat 14,000 immigrante het uit Oostenryk na Duitsland gegaan weens die “onvriendelike” behandeling wat hulle gekry het van die Sebastian Kurz regering.

Volgens vertroulike polisie verslae het sowat 8,000 van die onwettige immigrante Duitsland binne gekom per bys, en meer as 6,000 het van trein vervoer gebruik gemaak.

Die immigrante is hoofsaaklik uit Afghanistan, Sirië en Nigerië en ’n kleiner aantal is afkomstig uit Turkye.

Blykbaar het die immigrante via Switserland na Duitsland gereis, maar talle het van Oostenryk na die Duitse deelstaat Bavaria gereis en “ongemerk” die land binnegegaan.