Duisende afgesny weens swaar sneeu in Europa

Die swaar sneeu wat oor dae neergesif het in dele van Duitsland en Oostenryk, het duisende mense in isolasie weens die onbegaanbaarheid van vervoer roetes.

In die Oostenrykse provinsie Salzburg is sowat 41,000 mense vasgekeer en kan nêrens heen beweeg nie.

Dit is reeds dae lank dat die sneeu onophoudelik val en in die Duitse deelstaat Bavaria is baie mense ook vasgekeer weens die toegesneeude paaie en spoor verbindings.

Die swaar sneeustorms het groot dele van Europa in ’n wit kombers gehul. En die hoër liggend gebiede het onbegaanbaar geraak terwyl die gemeenskappe in die Alpe nog dae lank moet wag voor daar aandag aan hulle paaie gegee kan word.

Kenners beskryf die sneeustorms as die ergste in dekades en hoop dat dit die eerste tekens is dat aardverwarming besig is om ’n draaipunt te bereik.