Dudu kwaad vir Agrizzi

Dudu Myeni beskryf Angelo Agrizzi as ‘n rassis en reken hy is ‘n verbitterde witman, maar waarnemers dink anders oor die saak.

Dit volg na Agrizzi se getuies voor die kommissie rondom Staatskaping dat Myeni  R300 000  van Gavin Watson ontvang het.

Die betalings was gedoen terwyl Myeni die SAL se voorsitter was en sy die betaling glo maandeliks ontvang het.

Die betaling was  vir “dienste” gelewer soos die hidroliese brekings kontrak in die Oos-Kaap asook haar beïnvloeding van die Nasionale Vervolgings Gesag om verdere ondersoek teen Bosasa te staak.

Foto – Dudu Myeni