Dispuut oor Hitler geboortehuis

Die vorige eienaar van die woonhuis waarin Adolf Hitler gebore is, eis nou sowat 1,5 miljoen euro vergoeding as kompensasie.

Oostenryk het beslag gelê op die eiendom nadat bewerings gemaak is dat radikale groepe in die huis vergader en dwelmsmouse dit ’n handels punt gemaak het.

Gerlinde Pommer, die vorige eienaar, se regsverteenwoordiger sê hulle eis ’n veel groter kompensasie as wat deur die regering van Oostenryk aangebied is.

Die regering het egter verskeie kere ’n aanbod gemaak om die eiendom te koop, maar die eienares het elke keer die aanbod wat gemaak is, van die hand gewys.

Dit het daartoe gelei dat die regering beslag gelê het op die gebou en dit gekoop het teen die laaste aanbod prys van €310,000 wat aan haar gemaak is.