Die waarde van piesangskil

Almal is geleer om ’n piesangskil in die asdrom te gooi en nie op die grond waar mense loop nie want mense gaan gly en val.

Wat mense nie geleer is nie, is dat piesangskil ’n wonder middel is. Hier volg ’n paar wenke wat werklik van waarde kan wees.

Behandel aknee

Het jy geweet dat die piesangskil werklik help om aknee te bestry deur ’n stukkie daarvan op die aknee te sit en dalk met ’n pleister of sommer met kleefband vasplak terwyl jy slaap. Dit sal ook die rooierige inflammasie teenwerk asook die kieme vernietig.

Eelte tussen tone

Skoene met skerp punte is die sondebok wat veroorsaak dat harde eelte tussen die tone ontstaan. Mense maak die fout om hulle met ’n naelvyl te skuur, wat veroorsaak dat die eelt nog harder word en pyn veroorsaak.

Di oplossing is eenvoudig. Sot elke aand ’n stukkie piesangskil op die eelt en hou dit in posisie met ’n pleister. Na sowat twee maand is die probleem opgelos.

Behandel onooglike vratte

Die vogtige piesangskil bevat die wonderlike pH balanseerder en anti inflammatoriese bestanddele wat eers die grote van die vrat laat verminder en daarna verwyder dit vanself, en in die behandeling is die “pasiënt” sommer gevrywaar teen ’n volgende vrat wat nie sy opwagting sal maak nie. Net soos met die eelte, word die skil oornag op die vrat geplak.

Skitterwit tande

Dit is nie meer nodig om die apteker te nader om tande skitterwit te kry nie. Besoek die vrugtewinkel en sorg dat daar elke dag piesang geëet word. Die skil word gebruik om vannaand voor slaaptyd, na die tande geborsel is, met die sagte piesangskil gevryf. Na ’n paar weke sal jou tand pragtig vertoon.

Verminder plooie

Die piesangskil beskik oor verskeie, minder bekende, bestanddele, waarvan “luxein” een is wat ondermeer ’n anti-oksidant is wat die ontstaan van gesigsplooie teenwerk, en sal ook bestaande plooie laat “krimp” as dit elke aand op die plekke waar dit nodig is.

Hou die piesangskil met sy klam kant teen die vel vir so lank as moontlik, en herhaal dit elke dag.

Die gevaar van sakkies onder die oë kan effektief teengewerk word deur dieselfde behandeling toe te pas.

Om plooie doeltreffend teen te staan, word die skil met die klam deel teen die vel, saggies gevryf en dan vir 30 minute so gelaat voordat dit afgewas word.