Die mite van HIV-verspreiding

In ’n dokumentêre weergawe het ’n sogenaamde gesaghebbende van die “Sundance Festival” met ’n veldtog begin om blankes in Suid-Afrika verder te diskrediteer in die internasionale gemeenskap.

Volgens die stukke wat vrygestel is, en nou selfs in Europese koerante gepubliseer word, het ’n blanke Suid-Afrikaner besluit om die HIV-virus op ’n effektiewe wyse te versprei onder swartmense in die land om sodoende van alle swartes ontslae te raak.

Die aksie sou reeds 30 jaar gelede van stapel gestuur word en is beplan om die verspreiding van die virus so effektief te doen dat die land in die jaar 2000 ’n blanke meerderheid sou wees wat beteken hulle kan die land regeer soos in die vorige bedeling voor 1994.

Die “projek” sou ’n para-militêre eksperiment uitvoer om die gewenste resultaat te lewer.

Kenners wys daarop dat die opgestelde dokumente wat waarskynlik as bewyse vir die mite moet dien, deur anti-blanke, en anti-nasionalistiese mense opgestel en versprei word, aangesien die Afrikaner en ook die Engelssprekende blankes nog nooit ’n gedagte gegee het aan so ’n uitwissing nie vanweë hulle Christelike geloofsoortuigings.