Die koninklike lewe

Koning Goodwill Zwelithini se motor bestuurders dreig weereens om te staak.  Die bestuurders wat die koning, sy ses vroue en 60 ander personeel moet rondry tussen sy sewe paleise, kla oor die aanstelling van “prinse” wat nou salaris verhogings gegee is sonder dat die regte prosedures gevolg is. Toelaes is ook ter sprake en klagtes van lang werksure vorm alles deel van die ontevredenheid.

Alles kom egter neer op die SA belastingbetaler se rekening, terwyl sogenaamde “koningshuise” in weelde leef sonder om werklik ‘n konstruktiewe bydrae te lewer tot die Suid-Afrikaanse huishouding..

Foto – Koning Goodwill