De Klerk kla oor dubbel standaarde

FW de Klerk het tydens sy toespraak voor die Kaapse Pers Klub gesê dat daar dubbele standaarde bestaan as dit kom by die hantering van rasse kwessies.

Hy verwys na Vicky Momberg en Elana Barkhuizen se behandeling en sonder om name te noem,  na swart persone wat rassistiese opmerkings maak en skotvry kom.

Waarnemers sê egter dat De Klerk die bal aan die rol gesit het en nou kla hy oor die nagevolge waarteen konserwatiewes in die land, hom voortdurend gewaarsku het.

Politieke ontleders sê De Klerk staan nie terug vir Ramaphosa as dit by leuens kom nie, want hy het self van eie skole en eie woongebiede gepraat, wel wetende dat dit nie sou wees nie.

Foto – FW de Klerk