Daimler skrik nie om te betaal

Die bekende maatskappy Daimler, wat die vervaardiger is van Mercedes Benz voertuie, het aangekondig dat sy uittredende voorsitter ’n pakket sal ontvang van €1 miljoen per jaar en sal waarskynlik nog ander voordele ook geniet.

Dit is ’n rekord bedrag aan pensioen wat die Daimler maatskappy nog betaal het, en benewens die bedrag sal hy ook geregtig wees om sowat  €500,000 per jaar uit die bestuurders se pensioenfonds te ontvang.

Dieter Zetsche, wat hoog aangeslaan word in die maatskappy waarin hy jare diens gedoen het, tree uit as voorsitter aan die einde van 2019.

Sy totale pakket beloop sowat €4,250 per dag, wat veel meer is as wat enige ander senior werknemer of Raadslid nog ontvang het by uittrede.

Foto – Dieter Zetsche