Dag van Brexit beslissing

Due Britse parlement sal in hulle laatmiddag sessie ’n finale besluit neem oor die verdere uitkoms met Brexit.

Verskillende moontlikhede hang in die lug, en die Britse verdeeldheid is ’n groot faktor wat ’n finale beslissing bemoeilik.

Eerste Minister Theresa May se onderhandelde ooreenkoms met die Europese Unie (EU) is vir menige parlementslede onaanvaarbaar, en ander vestig hulle hoop op die moontlikheid dat Brexit gaan verval en Brittanje se lidmaatskap onveranderd voortgaan.

Die ernstige verdeeldheid in Britse politiek word beskou as die grootste krisis in die land se politieke bestel sedert die afloop van die Tweede Wêreldoorlog.

Drie verskillende besluite word as moontlikhede gesien deur politieke waarnemers, waarvan die mees gewilde blykbaar is dat ’n nuwe en beter ooreenkoms met die EU aangegaan word.

Daar is egter diegene wat reken dat voortgesette lidmaatskap die beste oplossing is en ’n derde groep se die huidige ooreenkoms is die oplossing omdat geen beter ooreenkoms beding kan word nie aangesien die EU geen verdere toegewings wil maak nie.

Maar daar is die ander groep wat sê die uittrede moet voortgaan want die kiesers het ten gunste daarvan gestem, en daarom is geen ooreenkoms ook ’n opsie.