Columbiaanse regering maak jag op rebelleleier

Woordvoerders van die Columbiaanse regering het bekend gemaak dat ’n man wat verbind word aan die rebellegroep, die “Nasionale Bevrydings Weermag” verantwoordelik is vir die plant van ’n motorbom waarin 21 mense gedood is in Bogota stad.

President Ivan Duque het die rebellegroep daarvan beskuldig dat hulle nie bereid is om samesprekings t voer wat vrede kan bring nie.

Die president het ook aangekondig dat 10 rebelle aangekeer is nadat die bom ontplof het by die Bogota Polisie Akademie.

Die ontploffing het benewens die 21 mense wat gedood is, ook dosyne ander beseer wat daarna inderhaas na hospitale geneem is vir behandeling.

Etlike jare gelede het die regering met die leiers van die rebelle  ’n vredesverdrag gesluit, maar kort daarna het een van die leiers weer uit die ooreenkoms onttrek en het die stryd weer begin.

Foto – President Ivan Duque