CNN se blaps maak hulle belaglik

Nog n blaps van CNN het die ver-linkse nuusagentskap letterlik met n rooigesig gelaat toe hulle die rassekaart wou speel wat toe in hulle rooi gesigte ontplof het.

CNN het ’n radiostasie Sirius XM en die Fox Nation se aanbieders daarvan beskuldig dat hulle “blanke voorkeure” het met ’n bepaalde persoon waarmee ’n onderhoud gevoer word.

CNN was toe met verleentheid oordek toe hulle moes hoor dat die persoon wel ’n anderskleurige was waarmee onderhoud gevoer is.

Die persoon, ene Webb, het aan CNN gesê hy is haat dit om die nuus te breek, maar hy is nie blank nie, maar wel swart.

Webb het toe nog sout in die wonde van CNN gevryf toe hy sê hy het nooit sy velkleur as ’n ernstige saak beskou nie, hy het wel erns gemaak om gekwalifiseer te wees om goeie werk te doen.