Clifton-sage wys vinger na SAPD

Die waarheid is stadig besig om uit te kom rondom die Clifton debakel.

Kaapstad se Raad het bevestig dat hulle saam met di SAPD en die Wes-Kaapse Polisie-ombudsman sal vergader om die optrede van ‘n senior polisielid te ondersoek.

Die polisiebeampte het na bewering wetstoepassers verhoed om die stad se reels en bepalinge toe te pas. Vir die eerste keer het burgemeester Dan Plato erken dat alle persone versoek is om die strand te verlaat en nie net sekere rassegroepe nie.

Die sekuriteit maatskappy se optrede kan dus nie afgemaak word as rassisties nie. Dit is teenstrydig met Faiez Jacobs van die ANC se klag teen PPA. Dit blyk weereens dat die ANC politieke gewin uit die saak wil maak en stook eerder verdere emosies op.

Foto – Clifton Strand op Nuwejaarsdag