Breytenbach voor Mokgoro kommissie

Oud-Nasionale Vervolger, Glynnis Breytenbach, het in getuies voor die Mokgoro kommissie getuig dat die aanstelling van Nomgcobo Jiba met groot skok en verbasing ontvang is.

Jiba is aangestel bo verskeie meer senior en ervare aanklaers as waarnemende direkteur van Openbare Vervolging.

Die Mokgoro ondersoek is ingestel om te bepaal of Jiba en Lawrence Mrwebi geskik was om hul poste te beklee.  Volgens Breytenbach het Jiba nie die nodige ervaring gehad nie en sy, Breytenbach, het Jiba se integriteit bevraagteken.

Foto – Glynnis Breytenbach