Brasilië: Damwal breek, baie mense vermis

’n Reuse water opgaardam wat deur ’n myn in die suidoostelike deel van Brasilië geleë is, se wal het gebreek en honderde mense word vermis.

Die water en slyk het menige woonhuise ’n geboue vernietig en meer as 300 mense word vermis wat vermoedelik deur die water meegesleur is.

Die gebied naby die myn is afgesper en toegang is verbode terwyl ’n ondersoek span en reddingswerkers besig is om die terrein te fynkam.

’n Stroom modderwater het oor ’n groot gebied gestroom en alles is meegesleur wat in die stroom se weg was.

Klaarblyklik is minstens 100 van die vermiste mense werknemers by die myn wat besig was met middagete toe hulle deur die ramp getref is.

Die nuutverkose presedent Jair Bolsonaro het ’n dringende kabinetsvergadering belê om die krisis te bespreek en paslike besluite te neem.

Die president het na afloop van die vergadering gesê drie ministers is aangewys om alles moontlik t doen om die mense in die ramp by te staan en te ondersteun.

Sowat 60 van die honderde vermistes se lewelose liggame kon al uit die modderige slyk water verwyder deur reddingswerkers wat met helikopters en honde die soektog voortsit.

Foto – President Bolsonaro