Bosasa se ruimhartigheid

Die voormalige werknemer van Bosasa, Frans Vorster, het breedvoerige inligting verstrek van hoe die maatskappy beweerde omkopery hanteer het met seniors in Korrektiewe Dienste.

Hy sê die Departement se amptelike hoof,  Patrick Gillingham, is omgekoop met motors en kontant om te verseker dat kontrakte verkry word.

Vorster is die derde getuie van Bosasa wat voor die kommissie oor Staatskaping getuig voor regter Raymond Zondo.

Hy beweer dat hy gereeld kontant ten bedrae van R5,000 tot R20,000 aan Gillingham moes oorhandig vir inligting oor kontrakte.

Hy het ook beweer dat hy di fasiliteerder was vir die aankoop van motors vir Gillingham, en een elk vir Gillingham se vrou en hulle seun.