Bosasa ’n miernes van omkopery

Angelo Agrizzi het gister steeds voortgegaan om getuienis te lewer oor die grootskaalse korrupsie wat deur Bosasa gepleeg is.

Hy het verwys na die talle parlementslede wat vergoed is, maar ook die klem laat van op die Minister van Omgewingsake, Nomvula Mokonyane, maandeliks ’n ruim omkoop bedrag van R50,000 betaal is.

Die skokkende is dat die bedrag sedert die jaar 2002 tot in 2016 elke maand aan die minister betaal is.

Dit beteken dat meer as R8 miljoen aan die minister betaal is gedurende die tydperk.

Waarnemers reken die uiteindelike bedrae wat deur Bosasa uitbetaal is aan omkoop geld, aansienlik meer is as wat aanvanklik beraam is.

Foto – Nomvula Mokonyane