Bezos vrou word dalk rykste ter wêreld

Met die egskeiding tussen Jeff ­Bezos (54) en sy vrou MacKenzie Bezos-Tuttle (48) kan daar dalk ’n verdeling kom van sy R137 miljard wat van haar die rykste vrou in die wereld maak.

Die stigter en hoof van die reuse maatskappy, Amazon, en sy vrou het besluit om hulle huweliksband van 25 jaar te breek en voortaan op vriendskaplike voet verkeer.

Die vermoede bestaan dat Jeff Bezos daarna ook nie meer die rykste man op aarde sal wees nie, en dat Bill Gates van Microsoft weer in die voorste ry sal staan.

Foto – Egpaar Bezon voor die egskeiding