Berlyn: Vrouedag word vakansiedag

Berlyn se inwoners sal in die toekoms ’n bykomende vakansiedag geniet nadat die owerheid bekendgemaak het dat die Internasionale Vrouedag ’n amptelike vakansiedag word.

Die amptelike openbare vakansiedag in die Duitse hoofstad is nou die enigste stad ter wêreld wat die Internasionale Vrouedag erken as ’n openbare vakansiedag.

Die besluit het gekom nadat die vroue van die stad ’n veldtog begin het met die slagspreuk “Vroue verdien respek” wat sedert Vrouedag in 2018 gehou is.

Meningsvormers reken die optrede van Berlyn maak die deur oop vir ander stede van die wereld om dieselfde voordeel af te dwing en ook daarmee meer prominensie te kry vir vroueregte.

Die besluit sal ook beteken dat Internasionale Vrouedag elke jaar in Duitsland as ’n amptelike vakansiedag erken sal word.