Bankrot SABC herbesin oor afdankings

Die bankrot SABC as nasionale uitsaaier het besluit om voorlopig nie voort te gaan met die aflegging van permanente personeel nie.

Die SABC wou die afleggings deurvoer voor die einde van Januarie, maar ’n tekort aan geld het blykbaar ’n rol gespeel om af te sien van die plan.

Die plan om poste af te skaal sou sowat 1,000 permanente werkers sowel as 1,200 vryskut medewerkers geraak het.

Die uitsaaier hoop nog altyd om ’n reddings bedrag van R3 miljard van die regering te kry, en waarnemers sê die moontlikheid is nie uitgesluit dat dit wel gegee sal word met die oog op die komende verkiesing.

Die SABC word ernstig bevraagteken deur kiesers oor die feit dat hulle jaarliks sowat R3 miljard aan salarisse betaal vir die sowat 3,000 mense wat op die betaalstate is.