Bankrot Eskom se kwelling

Die Kragvoorsiener se groot kwelling is blykbaar nie net hoe om kop bo water te hou nie, maar wel hoe die reuse skuldlas van meer as R420 miljard se rente betaal gaan word.

Asof dit nie reeds ’n nagmerrie is nie, moet kapitaal ook gedelg word, en saam met die rente wat ophoop, word dit ’n ware kopkrapper.

Dit blyk ook dat die taakspan wat deur Cyril Ramaphosa aangestel is om met aanbevelings te kom oor hoe Eskom uit sy bankrotskap gered kan word, self met die hand in die hare sit.

Terwyl die tyd uitloop vir die taakspan wat reeds verskeie lede verloor het wat nie langer met die bankrot entiteit se probleme opgesaal wil wees nie, gan Eskom voort in sy weelderige en luukse styl.

Ekonome wys daarop dat ’n ongewone reeks maatreëls nodig is om Eskom van ondergang te rd, en sê dit gaan in alle gevalle nog jare neem voor die bankrotskap sal uitfaseer, maar sonder om ontslae te raak van honderde oortollige en onnodige werkers, en sonder ’n kundige bestuurspan, en ’n sterk Raad van Direkteure, is dit ’n onbegonne taak om Eskom staande te hou.

Die toepassing van wet en orde gaan daarmee saam, want die wanbetalers moet vasgevat word en munisipaliteite moet weet hulle krag gaan “permanent” afgeskakel word as hulle nie klokslag betaal nie.