Banke wil SAL miljarde leen

Handelsbanke in Suid-Afrika is in beginsel bereid om die wankelende SA Lugdiens met R3,5 miljard te help as ’n reddingsboei.

Die sukkelende lugredery onder ANC beheer benodig die bedrag baie dringend om sy korttermyn verpligtinge na te kom.

Die SAL se Hoof Uitvoerende Beampte, ene Vuyani Jarana, sê die bedrag word benodig om sy operasionele vermoë te behou tot Aprilmaand.

Die hoof het gesê dit is duidelik dat die SAL onder “uiters moeilike omstandige” verkeer, en sal nie jan voortgaan sonder die reuse lening nie.

Intussen het die ANC se Cyril Ramaphosa tydens sy besoek in Indieq gesê die SAL se vlugte na die land moet hervat word, asook die vlugte na die Emirate wat glo “gestel” is van die SAL redery.