Australië kreun onder hittegolf

Die geweldige hittegolf wat in Australië heers vir die afgelope week, het selfs gelei tot kragonderbrekings in die omgewing van Melbourne.

Die temperatuur wat tot 43 grade Celsius geklim het, was die rede waarom die tennis Ope wedstryde gestaak moes word vir langer as twee dae.

Die kragonderbrekings wat deels veroorsaak is deur groot veldbrande het ontsaglike ongerief en chaos veroorsaak in huishoudings en sakeondernemings wat lugverkoeling het om hulle werk voort te sit.

Die Minister van Energiesake het bevestig dat die kragvoorsiener nie in staat was om in die aanvraag te bly voorsien weens die ontwrigtende omstandighede nie.

Sowat 6,3 miljoen mense word geraak deur die hittegolf wat nog steeds die afgelope naweek voortgeduur het in ’n groot gebied waar meer as 30,000 persele van die stad vir etlike ure sonder krag gesit het en baie verkeersligte nie kon werk wat ’n opeenhoping van voertuie veroorsaak het.