Antwerpen onderskep tonne kokaïen

Die doeane diens agentskap het in 2018 ’n rekord hoeveelheid dwelm middels in die hawe van Antwerpen gekonfiskeer.

’n Woordvoerder sê meer as 50 metrieke ton kokaïen is onderskep met ’n straatwaarde van minstens 2,5 miljard euro.

Die nuwe Minister van Finansies, Alexander De Croo, het ’n besoek gebring aan die hawe waar hy samesprekings gevoer het met hoofde van Doeane en Aksyns, oor die goeie werk wat gedoen word.

Kokaïen is egter nie die enigste dwelmmiddel wat na Europa gesmokkel word nie, en groot hoeveelhede minder bekend soorte is ook gekonfiskeer wat hoofsaaklik uit Suid-Amerika afkomstig is.

Foto – Antwerpen hawe