Angelo Agrizzi skud joernaliste

Die voormalige hoof van Bosasa, Angelo Agrizzi , het in sy sewende dag van getuienis lewering ’n opvolg skudding veroorsaak toe hy die name van joernaliste genoem het wat deel van die korrupsie skandaal is.

Hy sê daar is soveel as R30,000 per maand aan joernaliste betaal om positiewe berigte te skryf oor Bosasa, maar daar is ook joernaliste wat weier om te erken dat hulle omgekoop is.

Een maatskappy direkteur het gevra dat R71,000 betaal moet word waarvan R30,000 eenkant gehou moet word vir die joernaliste, wat volgens waarnemers ’n aanduiding is van hoe omvangryk die korrupsie-netwerk van Bosasa opgestel is.

Foto – Angelo Agrizzi