ANC plan sal misluk

Die suggestie wat deur senior lede van die ANC gemaak is dat pensioenfondse se geld “geleen” moet word om die staat se bankrot entiteite finansieel staande te hou, sal misluk.

Dit is die mening van ’n ekonoom wat verkies om anoniem te bly, maar wat sê dat so ’n stap geen waarde het nie aangesien die verskillende instansies se skuldlas so hoog is dat die pensioene nie ’n duik daarin sal maak nie.

Die instansies soos Eskom, Denel, SABC en SAA is almal tegnies bankrot, en hulle gesamentlike skuldlas weens wanbestuur en korrupsie is so groot dat dit jare gaan neem om te herstel onder deskundiges se bestuur, word gesê.