Afrika se vertoonvenster

In ‘n “beskaafde” land het daar die afgelope tyd 34 sterftes plaasgevind onder sogenaamde inisiasie gangers. Dit is as gevolg van tradisionele besnydenis wat nog op die platteland plaasvind.

Dit bring die totaal op meer as 400 sedert 2012 wat weens die vreemde praktyk omgekom het.  Aan die anderkant van die spektrum het drie “kerkgangers” gesterf tydens ‘n stormloop by ‘n kerkbyeenkoms in die ou skousaal in Pretoria.

Die diens is waargeneem deur “profeet” Shepherd Bushiri wat onlangs aangekla was van verkragting.

Waarnemers vra of dit een van die baie vertoonvensters van die Reënboog nasie is?