AFD parlementslid bedank uit party

Die Duits parlementslid, Andre Poggenburg, het aangekondig dat hy die nasionalistiese party, Alternatief vir Duitsland (AFD) verlaat het.

Die jong parlementslid sê hy is in proses om sy eie party te stig, en waarnemers reken hy sal dit in die meer konserwatiewe Saksiese gebied begin.

André Poggenburg is beskou as een van die mees dinamies leiers in die AFD, en ’n woordvoerder van die party, Kay Gottschalk, het bevestig dat hulle kennis gekry het van sy bedanking.

Poggenburg  het reeds in verlede jaar as leiersfiguur van die party bedank, wat die vermoede laat ontstaan dat hy toe teeds ernstige verskille met die party ondervind het.

Foto – Andre Poggenburg